Die Begrafnis


(Vir Chris)

So breek die laaste dag van my twee-week stint in rock star rehab aan. Ons laaste groepsterapie oefening met Dr Polakow (a.k.a dokter pillock ou) is ‘n allegoriese ‘begrafnis’ waar die pasiente om ‘n gat in die grond bymekaar bondel en jouself ‘begrawe’ post overdose.

Ek en my roomie, Marietjie, is al vroeg daai oggend op en chat oor alles en niks en sit make-up aan. Sy is so ‘n nice girl! Dit was ‘n moerse verligting (letterlik en figuurlik) dat sy die laaste paar dae van my program by my gesit was en Helen – wat aan OCD lei – ‘n plek in Tara gekry het. Vir die beter deel van twee weke was sy in ons en-suite toegesluit besig met fok weet wat terwyl ek soos ‘n whiney pateet gestaan en knyp en smeek het om die badkamer te kan gebruik. By hierdie instansie board ‘n ‘wellness’ pasient en ‘n ‘substance abuse’ pasient saam want hulle reken twee addicts sal mekaar net aanhits om te gaan party en twee malletjies sal mekaar aanhits om hulle polse af te byt of so iets. Marietjie is hier want sy het haar polse gesny. Dis verskriklik om dit te sien. ‘n Fyn with velletjie met steke wat soos doringdraad vir jou staar. Sy het ook bedoel dat dit moet werk want die snye is vertikaal…

Marietjie werk vir die Ad Agency, Grey, in Dubai en het awesome stories. En hartseer stories. ‘n Tomboy met sproetjies en ‘n tong so giftig soos myne en die mees dainty wardrobe wat ek in ‘n lang tyd gesien het. Dubai boutiques. Oh my soul dis net cashmere cardis en sy serpies en satyn skirts. Purrrrrrrrrrrrrrrrr. Die Arab chicks is darem baie frou-frou. Sy het dronk geraak by haarself in haar apartment en ‘n bottel gebreek om haar polse te sny. ‘n Buurman het die polisie gebel toe hy die commotion langsaan hoor en hulle het haar gearresteer (dis teen die wet om in jou huis dronk te raak in die UAE.) Die cops het gesien sy is besig om dood te bloei en as ‘n courtesy is sy hospitaal toe geneem. Hulle was eintlik in hulle reg om haar in die tronk te laat doodgaan. Dit blow my mind heeltemal. Haar baas het hospitaal toe gegaan en saam met haar gehuil en haar huis toe gestuur om hulp te kry. Niemand by haar company het geweet wat sy gedoen het nie en hy en sy vrou het haar kom haal by die kliniek en Okavango Delta toe geneem na sy ontslaan is. Nice guy.

Ons pak klaar en gaan boontoe vir die laaste ontbyt wat ek ooit weer sal eet by Riverfield Lodge. Na die tyd kry ons ‘n brief by pillock ou oor die ‘begrafnis’. Die preamble is ‘n moerse sermon en ek besluit om weg te sluip vir ‘n sigaret.  About 2 puffs later hoor ek ‘n familiar irritasie agter my en draai reguit in sy bloedrooi gevreet vas. “Miss Olsson!!! You are already late for your own funeral and you stand here SMOKING???” Ek lag maar apparently is die ironie op hom verlore.

Die res van die dooies peul by die terapie kamers uit en eers wanneer die man ‘n audience het, gaan hy af: “You have absolutely no respect for other people!” Ek bly stil en ontmoet sy gluur met ‘n smile. Ek dink: Nee dokter, dis vir jou wat ek fokol respek het. Los maar ander mense uit hierdie equation uit. Hy skud sy kop en march ons almal na die gat in die grond…

By die gat gekom is die idee dat jy moet speel jy is ‘n geliefde wat agtergelaat is nadat jy post-rowwe paartie hara kiri commit het. Marietjie kom staan teen my skouer, stamp my en knip oog. Sy bewe. Dan kom haar beurt om vir haar addict ‘n eulogy te spreek en haar kniee knak. Sy kry nie ‘n woord uit nie. “Let’s go Miss du Plessis” moedig pillock ou haar aan met sy particular brand van encouragement. Fokken asshole.  Ek gooi ‘n arm om haar en staar hom met my haughty gaze aan. Van agter my duur sonbril. My baie blingy Armani sonbril. Ek is nou maar eenmaal soos ‘n Oos-Europeuse stripper as dit by my sonbrille kom. En hierdie staar werk beter van agter ‘n Armani met Swarovski accents.

Dis my beurt. Pillock ou wil weet wat my persoonlike God-konsep se reaksie sal wees op my dood. Sonder om flippant te wees sê ek: “Do not pass go, do not collect R200. You are the weakest link. Goodbye.” Wat ‘n paar van die maatjies snaaks vind. En pillock ou nie. “You know Anel, this is not a joke.”
“I wasn’t joking” verseker ek hom met ‘n glimlag.  Hy gluur. Ek gluur.

Op ‘n stadium kom ek agter die wind blaas my lippies nou seriously droog en begin lipbalm aan te sit. Dis ‘n gooey tinted besigheid so ek nodig my compact. Terwyl ek my ringvinger employ kan ek hom in die weerkaatsing agter my sien staar. Vir my ass. Ek is so tempted om die compact toe te slaan, om te draai en vir hom te sê: “Ah, I see you’re an ass man, Dr Polakow!” Ek sê dit instede vir Enzo, ‘n personal trainer wat begin crack rook het saam met ‘n baie ryk klient en alles verloor het. Behalwe sy liefde vir die menslike anatomie. Ons giggel saggies. Enzo het van my gehou want toe ek incheck het ek my baadjie uitgetrek en my hemp het so bietjie opgelig en my maag het so bietjie uitgesteek. Blykbaar het ek die mooiste obliques wat hy nog aan ‘n vrou gesien het. Diep mens.

Ek haat my groepsterapeut. Dit maak rehab baie moeiliker. Ek haat hom oor bogenoemde redes en ek haat hom oor die volgende redes:

Nie twee dae voor hierdie insident nie het ek en Charl, ‘n suave, gay magistraat, gedurende tea break die koekie tafel geraid (suiker word toegelaat in rehab – WHOOP! – fokken sterk tranquilisers ook – can you believe that shit?) en die virtues van Ayn Rand se Objectivism oor ‘n frightfully civilised koppie tee gesit en bespreek.  Sal die fokken dokter nie sommer inchip en vir ons begin preek uit die hoogte oor hoe Ms Rand se filosofie mens vieslik selfsugtig kan maak nie. Regtig? Ek en Charl het net albei ons oge gerol en aangehou gesels met bolkieste vol sosiaal-aanvaarbare koekies. Maar blykbaar het onse pillock ou nie die boodskap gekry nie en hou voort: “Logotherapy, which you are studying for your group – is really a much more worthy philosophy to base your life on once you leave here.” Ja, ek het nie issues met Viktor Frankl se werk nie, dis great, maar dude – die twee is nie mutually exclusive nie en seriously- wie het jou chain geyank? Fok of! Ek en my learned colleague het nou ‘n awesome gesprek hier. Probeer hê. Ek dink ons albei se monde het bietjie oopgehang. Sanctimonious holier than thou doos!

Wat my na die volgende insident bring. Toe ek aankom by rehab is ek vol sterk tranquilisers gestop. Enzo het my een kyk gegee en gelag. ‘You are going to sleep like a baby my angel.’ Ek het geslaap en geslaap. Ek het vir twee dae net wakker geword wanneer bekommerde nursies my gepleit het om iets te eet.

Dag drie is ek unseremoniously uit my bed gepluk en georder om te shower. Ek het deur die slaap gewas, deur die slaap aangetrek, is gemarch na ‘n koue stoep en vertel om te wag. Al die rokers het buite gesit oor stomerige koffies en tees. Ek pipe op: “Hey, what’s this – a film set? Hurry up and wait!”
Almal het gedink dis snaaks. Behalwe Dr Polakow. Hy het by my verby gestorm en die agterkant van sy kop het gebulder: “Follow me!”

Ek volg hom in ‘n spreekkamer in. Hy ondersoek my van kop tot toon. ‘n Sample van my nasal cavities. ‘n Koue stetoskoop op my kaal bors. Ek het nie besef ek gaan gestrip word nie en sit sonder my bra en vries my perky boobies af. Dan vat hy ‘n pen… en krap ‘n lyn onder my regter ribbes. ‘The size of your liverrrrr.’ Nie ‘n koki pen nie. ‘n Bic pen. ‘n Groot, geniepsige rooi haal begin onder die swart merk te vorm. Dit sou minder humiliating gewees het, maar die man kon nie met my gesig praat nie…ek het my kop laat sak en sy beady ogies gaan haal met myne. Ek het my arms gevou en my lip gebyt en my top aangetrek en diep asem gehaal. Toe gaan huil ek by myself.

Vir die laaste rondte van die begrafnis moet ons speel ons is die een geliefde wat agtergelaat is wat die addict se dood die heel hardste sal vat. Vir my is dit my boetie. Ek verbeel my hy sal so kwaad wees dat ek so morsig en met soveel minag vir myself dood is. Ek huil maskara riviere en tot my gesig pofferig is. Vir my, vir die ander addicts en vir my boetie.

Ons disperse baie vinnig na die oefening. In die gang oppad na my kamer, my vryheid en my berg van nugter loop ek by pillock ou verby en groet hom. “Good luck Anel” sê sy mond maar sy gesig sê: “Nou is jy gefok jou klein hussy!”. Ek hou aan met stap en glimlag my beste Cheshire cat smile oor my skouer vir hom. “Good luck to you too, doctor PILLOCK OU!”

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s