WWJD


Liewe Joy.

Jy is vir my lief. Ek lief jou. Maar ek weier liewe Joy, jy gaan nie weer met my maak soos jy vroeër vanjaar gemaak het nie. So nou is die verlore dogter Nicolette terug Spanje toe en  ek is weer goed genoeg? Waarom? Verstaan jy waarom ek vir jou die aaklige bbm gestuur het? Ja, dit was dalk kinderagtig maar my magtig – Nicolette raak hardhandig met my en jy vra ONS vier, die mense waarvoor jy kwansuis so omgee – om julle huis te verlaat? Waarheen wou jy hê ek moes net verdwyn Joy? Ek was mal van bekommernis en dis in elk geval wat almal agter jou rug van jou sê. Ek het om verskoning gevra net om vertel te word hoe ‘fucked up almal sê’ ek is. Tit for tat. Regtig volwasse Joy.

Die rede wat jy aangevoer het ons moet waai, is: Nicolette het ‘n klomp geld spandeer om by julle te kom kuier. Dis diep Joy. Nicolette en Alber se issues met mekaar gaan my nie aan nie en al staan dit jou nie aan nie – Alber het die reg om vir sy suster te vertel sy het FOKOL met my kinders se opvoeding te doen. Want sy het FOKOL MET MY KINDERS SE OPVOEDING TE DOEN JOY. Noudat sy haar hand vir my gelig het, het sy FOKOL met my kinders te doen, period.

Jy het aangebied, is ons ooit in nood moet ons na julle toe kom. Dankie. Dankie vir alles wat jy vir ons vier doen en ek waardeer dit. Maar hierdie is ‘n seperate issue en ek gaan dit as sulks behandel.

WWJD – onthou jy? “What would Jesus do?”

Nie “What would Joy do” nie!

Ek het jou VERTROU. Ek het jou met alles in my huis vertrou! So blykbaar sê  ‘ALMAL’ ek is so fucked up. Regtig? Oor jy vir hulle al my geraamtes uit die kas loop grou het? Ek het nooit ‘n kans gehad om almal te leer ken nie. So hoe is dit dat hulle my so oordeel?

Jy grasp nie die konsep van wie jy vir ons is nie. Jy is my kinders se OUMA. En jy gooi hulle op die straat uit? Oumas maak nie so nie Joy.

So asseblief Joy, asseblief – gee my die spasie en tyd om hierdie groot hap kak te probeer verteer. Want dit gaan my verstand te bowe dat jy optree soos wat jy doen.

What would Jesus do?  Joy?

Jesus sou dalk lankal vergewe het maar ek glo nie in jou god nie en ek nodig my spasie asseblief. Jy het my vieslik in die steek gelaat en ek is SO KWAAD vir jou!

Wat my kinders aanbetref: Jy glo ek sal hulle van jou terughou maar ek is nie daardie vark in die verhaal nie. Ek was nog nooit en sal nooit wees nie. Ek vra net twee goed.

Geen emosionele uitbarstings soos toe ons gery het by julle nie. Shaman het       gehuil oor jy gehuil het, toe join Sufiye hom sommer. Ag nee.

Moet my nie sleg maak by my kinders nie. Ek is so lief vir hierdie kindertjies…

Ek en jy is mooi groot en ons kan maar agree to disagreeKom ons behandel mekaar met wedersydse respek vir die feit dat ek vir Alber, en jy vir Johan – liefhet.

Ek weet nie wanneer gaan ek beter voel nie maar ek belowe om my tong te byt en ordentlik te wees.

Het ons ‘n deal?

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s